Kom drink 'n glasie gratis wyn by Café Riche en stap saam met die kenner Astrid Schwenke deur die historiese Ou Raadzaal, van waar Paul Kruger destyds regeer het.
Besigtig ook die skildery wat op die voorblad van PRAAG se heruitgawe van D.W. Krüger se biografie oor Paul Kruger verskyn.
Hierna praat dr. Dan Roodt oor die boek met as breë tema: "Is Kruger vandag nog relevant?"
Boeke sal te koop wees @ ‘n spesiale prys.
GRATIS! Almal welkom.
Spesiale Sondagmiddagspyskaart vir u eie beursie.
RSVP Café Riche: +27 (0)12 328 3173 of stuur 'n e-pos aan kruger@praag.co.za waarin u meld hoeveel persone die funksie gaan bywoon.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





